Friday 17 August 2012

Mede blogger se opinie oor Lions / Kings sage

Goeie dag, en welkom by Hoofsweep se blog!

Sommige van die lesers mag Hoofsweep dalk onthou van die “Praters Gazette” dae – ja, goeie ou dae.  Wel, Hoofsweep is terug, meer “random” as ooit tevore.
Vandag wil Hoofsweep graag ‘n paar van sy gedagtes deel oor die Lions/Kings Super Rugby debakel.

Hoofsweep en sy kollega het gister in spanning gesit en wag om te hoor wat die uitslag van die stemmery sou wees, en hoewel dit nie verloop het soos Hoofsweep gehoop het nie, moet Hoofsweep erken, dit was min of meer wat hy verwag het.  SA Rugby kon dit nou al vir jare regkry om die issue van die Kings te “side-step”, maar sou nie langer kon uithou nie.

Hoofsweep se aanvanklike gedagte was dalk die manne wat gestem het seker gesuip of gebribe moes wees, maar het intussen van besluit verander.

Beste vir Suid-Afrikaanse Rugby:
Aan die einde van die dag was die besluit die beste vir Suid-Afrikaanse rugby.  Hoe so, mag julle vra.  Wel, Hoofsweep gee die volgende 3 redes:
1. Suid-Afriks se beste span in Super Rugby die afgelope jaar, die Sharks, hoef minstens nie volgende jaar hulle te bekommer daaroor om op Ellispark te verloor nie!  (Ja, ek weet die Stormer ondersteuners gaan sê hulle was die sterkste span, maar die Sharks het verder gevorder.  Hulle was immers in die eindstryud!)
2. Vir die Sharks, Bulls, Stormers en Cheetahs is daar nou die versekering van 2 bonus punt oorwinnings in die Super rugby reeks, ‘n versekering wat hulle nooit met die onvoorspelbare Lions gehad het nie. (Ja, die Lions was onvoorspelbaar.  Hulle het wel meeste van die tyd verloor, maar jy het nooit geweet wanneer hulle skielik sou besluit om ‘n game te speel nie.)
3. Nou kan ons terugsit en kyk hoe Cheeky en sy ANC-tjommies die “Konings-van-die-houtlepel” begrawe.  Die volgende seisoen behoort te bewys dat politieke kontakte op die regte plekke NIE beteken jy kan rugby speel nie!

Enige nadele?
Wel, behalwe vir die Lions wat ‘n aantal spelers gaan verloor, kan Hoofsweep net aan een nadeel van hierdie besluit dink – AL die Nieu-Seelandse en Australiese spanne is ook verseker van 2 bonuspunt oorwinnings volgende seisoen!  Selfs die Rebels sal nou ‘n toerwedstryd kan wen!

Die Stemmery
Hoofsweep het vertroulik verneem dat die 6 stemme ten gunste van die Lions, soos volg uitgereik was : Lions (2), Sharks (2) en Bulls (2).  Hoofsweep moet erken dat die Bulls se stem geen verrassing is nie, want hy kan nie eens onthou wanneer laas die Bulls teen die Lions verloor het in ‘n Super wedstryd nie.  Die Bulls sou dus eerder vir hulself 2 bonuspunt oorwinnings wou verseker, wat hulle ‘n “edge” bo die ander SA spanne sou gee.  Die Sharks se stem, aan die ander kant, is ‘n groot verrassing, veral aangesien hulle nie ‘n Super rugby wedstryd op Ellispark kan wen nie!  Die ouens wat gestem het was seker “high” of iets.

Verskonings
Hoofsweep kon nie help om kliphard van die lag uit te bars toe hy Cheeky se onderhoud gisteraand op SABC nuus sien nie.  Die man is al klaar besig om verskonings te maak vir sy span se patetiese vertonings, en hulle het nog nie eens ‘n game gespeel nie!  Volgens hom is dit “onredelik” om te verwag dat hulle in so kort tydjie ‘n span moet ontwikkel!  Blykbaar gaan hy ook appelleer teen die beslissing dat hulle net vir ‘n jaar van ‘n plek gewaarborg is!  As hy wil appelleer, aanvaar Hoofsweep dat hy ook teen die Kings en vir die Lions gestem het.  Maar, aangesien die 6 stemme vir die Lions reeds hierbo geidentifiseer is, smaak dit mos vir Hoofsweep asof Cheeky teen sy eie besluit wil appelleer!  Dis die nuwe Suid-Afrika vir jou!

Hofsake
Klink my die storm het nog lank nie opgeklaar nie.  Kevin de Klerk en die Lions se regsspan is al klaar besig om te kyk hoe hulle SA Rugby kan opskroef!

Babas
Wat Hoofsweep egter dwars in die krop steek, is die “cry-baby” houding van die Lions – nie die ondersteuners of die administrateurs nie, maar die spelers!  Kyk, moet nou nie vir Hoofsweep mis verstaan nie – Hoofsweep is en bly ‘n Leeu ondersteuner, maar hierdie houding krap maar erg!  Kom ons kyk gou waarom Hoofsweep so sê:
In 2010 presteer die Lions maar pateties in die Super reeks (niks nuuts nie).  ‘n Nuwe afrigter word aangestel, wat in die Curriebeker reeks wys dat daar tog hoof is van herstel.  Hy bou span.  In 2011 pak die Lions die Super reeks hoopvol aan, maar hul prestasie is die swakste tot nog toe.  Hierna hergropeer hulle en wen die Curriebeker! Bravo!  Die 2012 Super reeks spring met groot belofte af, maar die res van die reeks verloop droewig.  Na aan die einde gaan huil die spelers by Oom Kevin dat die Coach te hard is met hulle, en die Coach word gefire.
Noudat die Lions nie volgende jaar in die Super reeks speel nie, soek al wat ‘n speler is ‘n kontrak iewers anders.  Hier is Hoofsweep se probleem – dit is dieselfde spelers wat te flippen LAMSAK was om hul beste te gee in die Super reeks en te help verseker dat die Lions se plek NIE in die gedrang kom nie!  Dit is nie Oom Kevin, Coach John of die ondersteuners se skuld dat die Lions hul plek kwyt is nie, dis die flippen spelers s’n!  Maar nou voel hulle die Lions ondersteun hulle nie genoeg nie, so Franse klubs, die Sharks, Cheetahs, Stormers en Bulls word almal ‘n paar Lions ryker!  Pass-the-buck, as jy Hoofsweep vra.

In elkgeval, Hoofsweep gaan verseker die verwikkelinge oor die volgende paar maande dophou.  En, goeie nuus vir die Stormers – Hoofsweep sal actually vir julle skree wanneer julle teen die “Kings-of-last-place” speel.
Klap daai sweep, tot volgende keer.

1 comment:

  1. Vir die wat belangstel in Hoofsweep se opinies, hy is te kry op hoofsweep.wordpress.com

    ReplyDelete