Thursday 11 April 2013

‘n Skrywer in wording





Onder die mensdom is daar menige mense met die talente om skrywers te word . Talente word binne ons gebore en ons almal is eintlik skrywers. Die skommeling van die regte stelling , die prikkeling van ‘n ander se gedagtegang en sy belangstelling.

As skrywer of wordend soek ek in ons direkte omgewing na die nodige inspirasie en verwag dat dinge om ons moet gebeur sodat die gebeure omskep kan word in woorde wat ons dan kan neerpen.

‘n Blog of website is die alternatiewe manier om kort gebeure en gedagtes neer te pen vir ander om te lees. Die besoeker , indien hy ge-inspireer word deur die artikel se reaksie kan baie beteken . Indien hy dit nie as ‘n inspirasie vir homself beskou nie dan loop hierdie skrywe se uitwerking net dood . Hou hy van wat hy lees kan tot gevolg he dat hy dit gaan oorvertel of verwys na sy vriendekring wat dan tot ‘n kettingreaksie gaan veroorsaak . Meer mense gaan dan inteken wat die website bekend gaan maak . Kommentaar help ook om die skrywer beter te laat verstaan wat sy lesers wil sien , hoe hulle voel oor die gesprekke en die leesstof. Dit help ook om meer inspirasie vir die skrywer te gee vir opvolg of nuwe skrywes.

Die taal afrikaans is vir menigte van ons so ‘n geheimpie want ons gebruiker raak al hoe minder en begin ook baie verengels . web forum kan ook aan die skrywers bystaan met die uitsoek van nuwe onderwerpe en tendense in ons samelewing. Hulle beskik ook oor die talent om hulle eie nuwe woordes en gesegdes te skep wat uniek is aan hulle skryfstukke

Ek nooi ieder en elk uit om kommentaar te lewer op hierdie skrywe. Deel ook u verwagteninge , stel idees van onderwerpe voor of gebruik net hierdie forum om te gesels . Ons beweeg weg van mekaar deur middel van immigrasie en werksverpligtinge . Kom ons bring alle afrikaans sprekende mense binne en buite Suid- Afrika om hier saam te gesels en weer net onsself te wees