Friday 31 August 2012

Is gewone mense nog mense

Is die gewone man op straat sonder identiteit . Bestaan hy nog . Het hy nog betekenis is hierdie ou lewe van ons.

Ongelukkig is daar nog menige van ons wat nie 'n VIP of 'n Direkteur of 'n CEO of 'n politikus is nie.

Kan ons dan nog meeding in die dinge in ons land. As ons wil opstaan en briewe skryf of skakel dan is dit gewoonlik 'n skakelbeampte of 'n sekretaresse wat die brief kry of die telefoon beantwoord. En jy kan maar seker dan weet dat die VIP ongelukkig uit is en dat 'n boodskap geneem sal word.

Maar jy sal ook nooit weer enige terugvoering kry in die verband nie. Die VIP sal ook nooit daardie boodskap kry nie. Maar snaaks dat hierdie sekretaresse of Skakelbeampte altyd die vriendelikste en soetsappigste persoon is wat altyd sal simpatiseer oor jou probleem.

Ek hoop dat hierdie persone darem in die aande kan slaap nadat hulle die hele dag besig was om mense te mislei en nie gedoen het wat deur die gewone persoon gevra is nie.

No comments:

Post a Comment