Thursday 22 November 2012

Wie baat by bemarking

Maatskappy bemarking

Advertering in die gedrukte media is ‘n noodsaaklikheid vir die voortbestaan van ‘n maatkappy en ook vir die gedrukte media hetsy gemorspos of uistaande advertensies.

Koerante en promosie maatskappye se inkomste en salarisse is afhankilik van die hoeveelheid advertensies wat geplaas word. Kostes wissel ook van die groottes en hoeveelheid advertensies wat geplaas word. Korting word ook toegestaan aan adverteerders wat weekliks of maandliks advertensies plaas. Voorwaar ‘n groot en kompeterende mark tussen koerante en ander gedrukte marke. Hulle werf voortdurend en met agressie kliente om hulle koerant spasies te vul. Baie meer kan genoem word oor hierdie prosesse , maar kom ons laat dit daar.

Maatskappye word geklassifiseer onder Franchises , groot en klein ondernemings wat meeding met dieselfde tipe produkte en bemarkings strategie . Sommige maatskappy stel selfs bemarkings agente aan om sodoende hulle kanse met verkope en wins te bevorder ten koste van ander soortgelyke onderneming . Deels van uitgawes van die groot , medium en klein ondernemings bestaan uit maandelikse uitgawes vir bemarking.

Bogenoemde waarnemings het baie betrekking tot groterige ondernemings maar die doel van hierdie skrywe is om aandag meer te vestig op die onderneming wat ek noem die entrepaneurs onderneming.

Weens so baie afdankings in die werkplek en die abnormale werkloosheids syfers is die enigste oplossing om entrepaneur te gaan word. Sy eie klein besigheid om vir hom ‘n inkomste te skep . In sy onderneming lyk sy begroting soos volg : Huistoe vat geld vir kos , miskien salaris vir 1 werker , Krag en broodnodige skoonmaakmiddels ens. Watwou daar is geen geld vir bemarking nie. Om winste te laat groei moet hy bemarking doen , maar sonder bemarking kan hy nie sy onderneming , sy trots , uitbrei en laat groei nie. Wat  ‘n catch22 situasie bevind hy homself nie. Dan nader hy wel die koerant ens om ‘n ou klein advertensie te plaas . Maar dadelik word hy geklassifiseer as ‘n groot premium maatskappy wat hy nie is nie , maar die media het mos net een tarief. One for all and all for one.

Nou vra ek graag die vraag . Hoe kan jule verwag van ‘n klein entrepaneurs maatskappy om sy besigheid te laat groei as daar nie iemand is wat bereid is om hom by te staan nie. Hoekon kan groter maatskapppe nie genader word om hierdie klein ondernemings by te staan en sodoende die vrye mark stelsel net verder te versterk en uit te brei. Profiele word gehandhaaf en groot maatskappye se beeld word op die gedrukte media uitgebeeld. Maar wat die beeld van die entrepaneur.  He thy ‘n beeld en het hy ‘n bestaansreg in ons samelewing

No comments:

Post a Comment