Friday 9 November 2012

Hoekom spot ons iemand met ‘n gebrek



Is ons almal dan so vol van onself  , dat ons dink ons is volmaak. Dan spot ons met andere wat nie so volmaak soos ons is nie. Maar is ons werklik so volmaak soos ons dink.

Nee ons is ook nie volmaak nie. Ons kort die eienskap waardering. Die waardering vir die feit dat ons al ons sintuie besit. Dat die lewe vir ons goed is . Dat ons aanvaarbaar is vir die andere volmaakte skepsels in die wereld.

Ons weet nie hoe dit voel om te sukkel sonder ‘n oog of ‘n oor of ‘n been of ‘n arm of enige noodsaaklike legement.

Ons kla wel oor die onodige dinge in die lewe wat vir ons noodsaaklik voel maar ‘n persoon met ‘n gebrek kla baie mider as ons. Alhoewel hy deur middel van sy gebrek minder vriende as ons is hy nog steeds meer gelukkiger en besit meer wysheid en geluk as ons.

Ons kan behoorlik skaam voel oor ons eie dade teenoor ander met gebrek en net een keer met meer begrip kyk en luister na daardie persoon met ‘n gebrek

No comments:

Post a Comment