Friday 23 November 2012

Lady Gaga



Hei, what’s new? Sy’s dan seriously ryk!

Hoe cool is dit nie? Laaidy Gaga kom Suid-Ôfrika toe vir twee shows. Ak love hôr. Say’s amazing. May pô het soos in totally uitgefreak toe ak sê ak wil na hôr show in Jo-hies toe gôn. Hay sê say ak kan vergeet om te gôn. Hay sê Laaidy Gaga is evil en dra weird klere en stuff.

May pô moet net, chill. Jeez. Ak is nie meer soos in ’n klein dogtertjie nie.

Dis ook nie asof Laaidy Gaga soos in saeks op stage het nie. Okay, say het al ’n splif in een van hôr shows gerook en sy drô hierdie funny outfits, maar, hei, what’s new? Hier in Pretôria kan jay ook ’n splif koop. Dûh?

Hier in Pretôria drô mense ook hierdie weird, random outfits. Laaidy Gaga care actually vir die armes. Say’s vir world peace.

Say het geld gegee vir ôlmal wôt se huise laas in die tsoenômi weggespoel het. Say het soos in op haar private jet geklim en Hongkong toe gevlieg... Of was dit nou China?

Wôr wôs die tsoenômi nou weer? Anyway, say’t soontoe gevlieg in hôr private jet en vir die mense van die tsoenômi geld en stuff gôn gee om te wys sy soos in seriously care. Hoe amazing is dit nie?

En say’s ’n vegetariër, ’n veggie. Dis hoekom say eenkeer met ’n klomp steaks aan hôr lyf vasgemôk op stage gegôn het. Dit wôs om te protest teen die mense wat so randomly vleis eet – Blou Bul-steaks en stuff.

Toe ek dit vir may pô sê, toe vông hy soos in ’n fit.

Hektiek.

“Chill net, pô. Okay?” sê ak toe vir hom. “Hoekom freak pô nie ook uit oor Natanië-ôl nie? Jeez.”

My pô en mô is soos in serious fans vôn Natanië-ol. Hulle love Natanië-ol. Hulle dink hay’s soos in amazing. Hulle gôn soos in na sy shows toe, en my mô koop van sy boeke en spices en stuff.

Hêlou? Natanië-ol dra soos in rokke op stage en gebruik make-up.

Die mense is net jealous op Laaidy Gaga omdôt say ’n famous celebrity en seriously ryk is. Natanië-ol is nie eens op Twitter nie. Laaidy Gaga het soos in forty million followers op Twitter.

Hoe cool moet dit nie wees nie? Jay stôn soos in die oggend op en dis koud en stuff en jay voel depro, dan vat jy soos in jou iPhone en tweet: “Dis koud en stuff en ak is depro.” Dan lees jaouw forty million followers dit en tweet terug en sê hulle love jaouw, jay moet beter voel en stuff.

Laaidy Gaga noem ons haar Little Monsters. Say care vir haar fans, sy care soos in genuine vôr ons. Say sê ons moenie lat iemand ons soos in abuse en stuff nie. “Paws up, Little Monsters,” sê sy altyd.

My favorite song van hôr is: “Baby I was Born This Way”. Dis ’n amazing song. Ek love dit. Ons Little Monsters gôn volgende week daar voor die stage staan en dit saam met hôr sing wanneer sy hier is.

Hoe cool gôn dit nie wees nie?

No comments:

Post a Comment