Wednesday 5 September 2012

Ouderdom 50 - 60

Wat moet gebeur as ons die ouderdom bo 50 bereik

Moet dit 'n jeugtige typerk in ons lewe wees . of moet die tyd van ons lewe wees waar angs , depressie en probleme ons lewe oorval. Is dit ook die tyd wat ons vreugdes in die lewe gesteel word?

Gaan ons gebukkend onder swaar skuldlaste met slarisse wat nie eens die punt van die ysberg van skuld raak nie. Is ons gedagtes vol van hoe? waar ? wanneer ? hoekom.

Bereik ons nou die tydperk van ons lewe wat ons moet vrees vir behoud van ons werk en salaris .Hoeveel mense daar buite dink nou aan selfmoord en verwyte van 'n lewe wat nie was of is soos ons beplan het nie.

Dink ons aan die pensioen wat nie daar is nie , want in die platteland is daar nie dinge soos pensioen en medies in salarisse ingebou nie. Sit ons maar agteroor en hoop dat die skete en kwale ons nie aanraak nie maar verby beweeg na iemand anders.

Hoop ons maar na die barmhartige samaritaan wat ons sal aanraak en help met ons behoeftes want in vandag se lewe word daar vergeet van ons bejaarde mense. Ons sukkel nog om te besef dat ons lewe stadig nader aan ons einde beweeg met die besef dat daar so baie is wat ons nog nie gedoen het nie , so baie wat ons nie bereik het nie.

Waar sal ons hulp vandaan kom ? Hoeveel jong en volwasse kinders is so besig om rykdom en gemak na te jaag dat hulle ouers nie meer deel is van hulle prioriteite nie. Hoeveel bejaarde mense sien hulle kinders nie meer as 1 keer per jaar nie. Wat het geword van die opofferinge wat daardie bejaardes aan hulle kinders gegee het nie

Wie gee nog om . Is daar nog sulke mense in Suid Afrika of is hulle bang daar word te veel gevra van hulle.

No comments:

Post a Comment